Eik

Eikebome
Blare en akkers
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fagales
Familie: Fagaceae
Subfamilie: Quercoideae
Genus: Quercus
L.
Spesies

Ongeveer 600

Gustave Courbet (1843)

Eike of akkerbome (genus: Quercus) is eenhuisige bome met manlike en vroulike blomme. Die verspreidingsgebied van die sowat 500 verskillende spesies is besonder wyd. Die bome is inheems in die Noordelike Halfrond, maar aard van digby die twee poolstreke tot in die trope.

Saam met beuke en kastaiings behoort eike tot die familie doppiesdraers (Fagaceae). Eike word oral ter wêreld weens hul ekonomiese waarde (hout, looisuur en kurk) aangeplant en hoewel die bome volop in Suid-Afrika voorkom, is hulle nie inheems nie maar is in die tyd van Jan van Riebeeck en Simon van der Stel ingevoer. Die groeiwyse van die Suid-Afrikaanse eike verskil egter van dié in Europa.

Eikebome met hul dik stamme, skurwe bas, knoetserige takke en donkergroen blare het sedert die vroegste tye 'n belangrike rol in die Europese kultuur gespeel. Die Kelte en Germane het hulle as heilige bome beskou, wat die woonplek van die oppergod Wodan was (vandaar die naam wodanseik vir besonder groot eike). Onder eikebome is offers gebring en inwydings- en rouplegtighede gehou. Helde wat uit oorloë teruggekeer het, is met eikeloof getooi en menige romantiese toneel het hom volgens oorlewering, gedigte en liedjies onder eikebome afgespeel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search